CrimeNews

Agt jaar gelede as gesteel aangemeld — en nou duik dié voertuig in Bela-Bela op!

Scheepers het die voertuig as verdag beskou en hy het die nommerplaat deur die polisiestelsel nagegaan. Hy het toe gevind dat die voertuig gesteel is.

Die polisie het ’n voertuig wat meer as agt jaar gelede as gesteel aangemeld is, op Dinsdagaand 14 Augustus by die ingang na die Bela-Bela-township gevind.

Konst. Pieter Scheepers, ondersoek-beampte van Bela-Bela, was dié Dinsdag uit op patrollie toe hy die voertuig, ’n swart Kia Picanto met ’n Gautengse nommerplaat, by die Tsakane-nedersetting op die Eersbewoon-pad buite die dorp opgemerk het.

Scheepers het gesê hy het die voertuig as verdag beskou en hy het die nommerplaat deur die polisiestelsel nagegaan.

Hy het toe gevind dat die voertuig gesteel is.

Volgens hom is die voertuig in 2010 in Fairlands, Johannesburg, gesteel.

Simon John Modise, die man wat die voertuig bestuur het, is in hegtenis geneem en aangekla van die besit van ’n gesteelde voertuig.

Modise het op Woensdag 15 Augustus in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

Die saak is vir verdere ondersoek na Donderdag 6 September uitgestel.

Modise is steeds in aanhouding.

Die voertuig staan steeds by die polisie-stasie in die dorp terwyl die polisie probeer vasstel wie die wettige eienaar is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button