CrimeNews

Buitelande in sop oor skoene met duur handelsmerke

Van die skoensoorte wat te koop was, het Adidas, Nike, Jordan en Caterpillar ingesluit.

’n Man van Bela-Bela is in die sop nadat die Bela-Bela-polisie glo nagemaakte skoene by sy winkel in die Bela-Bela-township gevind het.

Volgens die polisie is die man oorspronklik van die Wes-Afrikaland Niger. Die polisie het op Woensdag 15 Augustus tydens die provinsiale operasie, Basadi, die omgewing gepatrolleer toe hulle die skoene in die winkel se ver-toonvenster gesien het.

Van die skoensoorte wat te koop was, het Adidas, Nike, Jordan en Caterpillar ingesluit.

Die beamptes het Gesba Douda, die winkeleienaar, ondervra en hom daarna in hegtenis geneem. Volgens die polisie is die skoene se handelsname vermoedelik vervals. Daar is ook vasgestel dat Douda se asieldokumente verval het.

Die geskatte waarde van die skoene waarop beslag gelê is, beloop ongeveer R35 000, het konst. Pieter Scheepers, onder-soekbeampte, by navraag gesê.

Douda het op Donderdag 16 Augustus in die Bela-Bela-landdroshof op die klagte teen hom verskyn. Hy moet weer op Woensdag 29 Augustus in die hof verskyn.

Related Articles

Back to top button