CrimeNews

Hof waarsku TV-boer, Toanette, oor getuies

Tydens Toanette Els se verskyning vandeesweek, het sy baie jonk voorgekom. Sy was netjies geklee in ’n wit broek en ligte kakiekleurige hemp.

Die Boer Soek ’n Vrou-deelnemer, Toanette Els (23), het weer op Woensdag 15 Augustus vlugtig in die hof op Modimolle verskyn op ’n klag van bedrog.

Die klaer wat die saak aanhangig gemaak het, Jana Smit, beweer dat sy R10 000 aan Els betaal het vir ’n kursus wat sy deur Rangers In Training in Middelburg, vir studente wat belangstel in wildbewaring, sou aanbied.

Die kursus het volgens die klaer nooit plaasgevind nie en hul geld is ook nie terugbetaal nie, het AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, vroeër gesê. Els is op Vrydagoggend 20 Julie in hegtenis geneem nadat ’n klag teen haar aanhangig gemaak is.

Tydens haar verskyning vandeesweek, het Els baie jonk voorgekom.

Sy was netjies geklee in ’n wit broek en ligte kakiekleurige hemp.

Die staat het aan die landdros gesê dat Els glo ingemeng het met twee staatgetuies, Deon en Susan Cornelius. Die hof het haar gewaarsku om nie met die getuies in te meng of hulle te intimideer nie, omdat haar borgtog teruggetrek sal word.

Sy verskyn weer op Vrydag 14 September in die hof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button