CrimeNews

Polisielede ontvang medaljes by erkenningsparade

Die provinsiale polisie in Limpopo het op Vrydag 13 Julie erkenning aan 55 polisielede by die Sanfa-stadion in die Bela-Bela-township gegee vir ononderbroke diens.

Die medaljes is aan lede wat 10, 20 en 30 jaar in die polisiediens is, oorhandig. ’n Goed gedissiplineerde polisieparade wat ’n orkes, perde en die honde-eenheid ingesluit het, het opgetree.

Polisielede van verskillende streke en polisiestasies in Limpopo het op Vrydag 13 Julie ’n erkenningsparade van die provinsiale polisie in Bela-Bela bygewoon om lede wat langer as 10 jaar in diens van die polisie is, te vereer.

Die lede van Bela-Bela wat erkenning ontvang het, is kol. Lindie Marx, stasiebevelvoerder, lt.kol. William Ngobeni, kapt. George Lebese, kapt. Tshitsha Daniel Sithole en kapt. Dolf Smith.

Kol. Lindie Marx, stasiebevelvoerder van die Bela-Bela-polisie, het ’n medalje vir 30 jaar volgehoue diens ontvang tydens ’n erkenningsparade van die provinsiale polisie.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale kommissaris, het die lede aangemoedig om getrou te bly en die gemeenskap met trots te dien.

Related Articles

Back to top button