CrimeNews

Immigrant ontsnap byna by hof

Die verdagte sou die oggend om borgtog aansoek gedoen het, maar het tydens die verrigtinge uit die beskuldigdebank gevlug.

Die Bela-Bela-landdroshof was op Woensdag 4 Julie in rep en roer toe ’n beskuldigde gepoog het om te ontsnap.

Volgens inligting van die Bela-Bela-polisie het Walter Majecha (26), ’n Zimbabwiër, die oggend weens huisbraak verskyn. Hy verskyn ook op aanklag dat hy onwettig in die land is.

Majecha sou die oggend om borgtog aansoek gedoen het, maar het tydens die verrigtinge uit die beskuldigdebank gevlug. Polisiebeamptes het hom by die hof se hoofingang vasgetrek.

Die hof het Majecha borgtog geweier en ’n bykomende klag van ontsnapping is by die ander klagtes gevoeg.

Hy word, volgens die klagstaat, met twee huisbraaksake in die omgewing verbind.

Majecha se saak is na Donderdag 12 Julie uitgestel sodat hy op die aanklagte teen hom kan pleit.

Hy sal in aanhouding bly.

Related Articles

Back to top button