CrimeNews

Selfone glo skoonveld ná besoek van ‘inspekteur’

Die polisie in Modimolle is op die uitkyk vir ’n man wat daarvan verdink word dat hy betrokke was by ernstige misdade by verskeie ondernemings.

Die soektog volg nadat die onbekende man homself glo as ’n arbeidsinspekteur by ’n winkelsentrum voorgedoen het. Hy het glo aan die bestuurder gesê hy wil die ondernemings van binne af deurkyk, maar het daarna verdwyn.

Hy het homself glo kort daarna wéér as ’n inspekteur by ’n karwas-onderneming voorgedoen en met die bestuurder se selfoon verdwyn.

“Ons vermoed die verdagte het ’n aantal misdade op dié manier gepleeg,” het AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, gesê. “Ons ondersoek die saak. Ons vra dat die man wat op die foto verskyn, by die polisiekantoor aanmeld of dat enigeen wat hom herken, ons kontak.”

Mense met inligting kan vir speursers. Amanda Rossouw bel by tel. 071 133 8524 of die Crime Stop-nommer skakel by tel. 08600 10111 of ’n SMS stuur na tel. 32211.

Related Articles

Back to top button