CrimeNews

Beloning ná leeus op Vaalwater vergiftig is

Die park bied R100 000 aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die skuldiges wat die park se drie leeus en ’n tier vroeër vanjaar vergiftig het.

Jugomaro Predator Park buite Vaalwater het die beloning wat hulle in Mei aangebied het nadat vier pragkatte by dié park vergiftig is, verdubbel.

Die park bied nou R100 000 aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die skuldiges wat die park se drie leeus en ’n tier vroeër vanjaar vergiftig het.

Die park het op Saterdag 5 Mei na Vaalwater verskuif en het slegs twee weke daarna ’n nag-merrie-ondervinding beleef.

Die Pos het vroeër berig die park se skaars goue tier en drie leeus, waarvan een ’n wit leeu was, is op Vrydag 25 Mei vergiftig nadat hulle vermoedelik vleis wat met die gifstof Temik besmet was, geëet het. Die Fernandes-familie aan wie die park behoort, het in Mei aan Die Pos gesê die diere is soos hul kinders.

Die Endangered Species Unit, tesame met spoorsnyers van die Heritage Protection Group (HPG) en die Welgevonden Anti Poaching-eenheid, het ná die voorval spore tot in ’n nabygeleë township gevolg.

AO Petrus Lefoka van die polisie in Vaalwater het vroeër gesê die verdagtes het vermoedelik met ’n motor verder gery.

Volgens Lefoka kan inligting anoniem gegee word en die beloning sal steeds betaal word.

Enigeen met inligting kan vir Justin Fernandes bel by tel. 082 558 0703.

Related Articles

Back to top button