CrimeNews

Groot sukses vir Limpopo-polisie ná klopjagte

Die polisie in Limpopo het verlede week talle verdagtes in hegtenis geneem tydens die Fiela II- en Basadi-klopjag, wat op Sondag 17 Junie ten einde geloop het.

Daar is op die volgende omgewings gefokus: Makhado, Seshego, Musina, Thohoyandou, Lebowakgomo, Dennilton, Bela-Bela en Mahwelereng, het kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisie-woordvoerder, in ’n verklaring gesê.

Altesame 536 verdagtes tussen die ouderdom van 22 en 55 is in hegtenis geneem tydens padblokkades, patrollies en klopjagte, het Ngoepe gesê.

Die verdagtes is onderskeidelik aangekla van roof, inbraak, die besit van gesteelde eiendom, die besit van gesteelde voertuie, diefstal vanuit voertuie, die besit en verspreiding van dwelms en verkragting, het Ngoepe gesê.

Die polisie het beslag gelê op drie gesteelde voertuie, selfone, 54 bokse skoolskoene, 48 sakkies nyaope, 54 sakkies dagga en heelwat winkelitems.

Die verdagtes sal binnekort op die onderskeie aanklagte teen hulle in die verskillende landdroshowe verskyn. Die polisie se ondersoeke duur egter voort, het Ngoepe gesê.

Related Articles

Back to top button