CrimeNews

Man slaan glo ander met baksteen dood in Bela-Bela-township

’n Man van die Bela-Bela-township word van moord aangekla nadat hy glo ’n man op Donderdag 10 Mei in Zuma View met ’n baksteen doodgeslaan het.

’n Man van die Bela-Bela-township word van moord aangekla nadat hy glo ’n man op Donderdag 10 Mei in Zuma View met ’n baksteen doodgeslaan het.

Languta Patrick Maswanganye is op die toneel oorlede.

AO Dana Smith, ondersoekbeampte, het by navraag aan Die Pos gesê die voorval het in die woongebied plaasgevind en die polisie het gou op noodoproepe gereageer.

Die verdagte, Andries Mathaba, is in hegtenis geneem en het reeds vlugtig in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

Die saak is uitgestel na Dinsdag 22 Mei wanneer hy om borgtog aansoek sal doen.

Mathaba is steeds in aanhouding.


For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za


 

Related Articles

Back to top button