CrimeNews

GPF behaal groot welslae teen misdaad op Mookgophong

Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en polisie in Mookgophong het van Vrydag 18 Mei tot Sondag 20 Mei die strate in die sakegebied in die dorp gepatrolleer in ’n poging om misdadigers af te skrik.

Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en polisie in Mookgophong het van Vrydag 18 Mei tot Sondag 20 Mei die strate in die sakegebied in die dorp gepatrolleer in ’n poging om misdadigers af te skrik.

Volgens Kobus van Loggerenberg, voorsitter van die GPF, het hulle besluit om Thabo Mbekistraat en die strate in die sakegebied daagliks te patrolleer om sodoende misdaad te bekamp. Die GPF het in Januarie onderneem om die dorp een maal per maand te patrolleer, maar hulle het ondervind dat die daaglikse patrollie misdaad met rasse skrede laat verminder het.

Hy het ook gesê hy is baie tevrede met wat reeds gedurende die drie dae vermag is. “Ons is bly om te kan sê dat ons sewe mense aangekeer het vir die besit van dwelms, waaronder nyaope, en een jong mens vir die besit van dagga,” het hy gesê.

Altesame 11 mense is in hegtenis geneem omdat hulle vermoedelik in die openbaar onder die invloed van alkohol was en een is vir diefstal by die taxistaanplek aangekeer.
Van Loggerenberg is ook die leier van die Naboom Veiligheidsforum se Sektor 3 en dien op die komitee van die landelike veiligheid van die gebied. Daar is verskeie WhatsApp-groepe gevorm om kommunikasie te verbeter en volgens hom werk dit baie goed as daar krisisse ontstaan.

Hy het egter ’n beroep op inwoners gedoen om deel te neem aan die patrollie sodat veiligheid verskerp kan word.


For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za


 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button