AdvertorialSponsored

‘Ons Winkel’ maak skoonskip

Ons Winkel in Bela-Bela het skoonskip gemaak tydens die jaarlikse “Winkel van die jaar”-toekenningsaand wat op Donderdag 23 November by SolTech in Pretoria gehou is.

Die eienaar van Ons Winkel in Bela-Bela, Helené Schoeman, het die gala-geleentheid, wat deur die Ons Winkel-hoofkantoor vir winkeleienaars van regoor die land, bygewoon sonder om vooraf te weet dat haar winkel met die louere sou wegstap. Daar word tydens dié geleentheid verskeie pryse en toekennings gemaak aan die beste pres-
teerders van die afgelope jaar.

ADVERTENSIE

Groot was Schoeman se verbasing toe Ons Winkel Bela-Bela puik presteer het in verskeie van die kategorieë en met die groot prestasie bekroon is as “Winkel van die jaar”. Altesame 127 winkels landwyd het meegeding om die gesogte titel.

“Ons Winkel Bela-Bela het twee en ’n half jaar gelede oopgemaak en jaarliks gegroei, maar natuurlik sou ons nie suksesvol kon wees sonder ons skenkers en kliënte nie,” het sy gesê. “Dankie vir elkeen se bydrae — groot of klein. Dankie ook aan die personeel wat so getrou is en so hard werk. Hierdie groot eer kom julle almal toe, want julle het bygedra tot ons sukses.”

Die Ons Winkels-groep skep ongeveer 370 werkgeleenthede en dra by tot die salarisse van ongeveer 30 maatskaplike werkers wat maatskaplike hulp verleen in 15 streke oor die hele land.

Die Ons Winkels-groep dra by tot studentelenings en verskeie opheffingsprojekte in die gemeenskap. In Bela-Bela is Ons Winkel betrokke by Laerskool Warmbad se kosblik-projek. Hulle dra ook by tot leerders se skoolfonds en die Help Hetta-projek lê hulle na aan die hart. Die projek deel elke kwartaal sanitêre ware uit aan meisies wat dit nie kan bekostig nie.

Ons Winkel Bela-Bela is geleë op die hoek van Kretschmarlaan- en Lunaweg (Lunaweg 6). Inwoners wat nog nie daar was nie, moet hulle gaan vergewis van die puik produkte wat teen bekostigbare pryse aangebied word.

Gaan loer gerus daar in en ontmoet die vriendelike personeel. Vir enige navrae of skenkings bel vir Helené by tel. 082 891 9089. Vir meer oor die Ons Winkel-groep besoek gerus www.onswinkel.co.za(.)

Related Articles

Back to top button