AdvertorialEntertainmentLocal MotoringSponsored

Nuwe Hankook Hilux-fees hier

Toyota Hilux-eienaars moet hulle gereed maak vir ’n heerlike familiefees die naweek van 13 tot 15 Oktober by die Sondela-natuurreservaat en Spa net buite Bela-Bela.

Trio Events bied al geruime tyd die baie suksesvolle Hankook Land Cruiser-fees aan en het besluit om iets soortgelyk aan te bied vir Toyota Hilux-eienaars by die pragoord, Sondela-natuurreservaat en Spa.

Daar sal gepoog word om soveel as moontlik Hilux-voertuie bymekaar te kry en sodoende ’n nuwe rekord op te stel. Die geleentheid sal ’n jaarlikse instelling word.

Dit sal ’n volgepakte geleentheid wees met uitstallers wat spesialiseer in buiteleweprodukte, bekende kunstenaars wat optree, Sondela se eie aktiwiteite, kindervermaak, ’n kroeg en biertuin, verskeie stalletjies met keurgeregte wat in elke fynproewer se smaak sal val en ’n kunsmark vir die vroue. LA Sport Pretoria bied ’n area aan waar daar ongelooflike aktiwiteite sal plaasvind waaraan Hilux-eienaars kan deelneem en meeding. Dit sluit onder meer in Hilux ‘gravel drag’-renne, moddergate, rotsry en “cross axle” uitdagings. Bring gerus alle Hilux-voertuie en kyk waartoe hierdie gewilde handelsmerk in staat is.

Om deel te wees van hierdie ongelooflike geleentheid registreer Hilux-voertuie by www.ekspo.co.za of kontak vir Tersia by accounts@ekspo.co.za of by tel. 072 487 000 gedurende kantoorure.

Registrasiekoste beloop slegs R250 per voertuig met ’n maksimum van vier persone per voertuig.

Daar is ook baie basiese kampering beskikbaar vir deelnemers (geen krag, maar wel puik ablusiegeriewe) teen R850 vir die naweek wat die Hilux-voertuig registrasiefooi insluit (ook maksimum vier persone). Laatregistrasies sal ook op die dag by die hekke toegelaat word, maar die organiseerders versoek dat soveel as moontlik aanlynregistrasies gedoen word om ’n bottelnek by die hek te vermy.

Dagbesoekers wat nie Hilux-voertuie besit nie, is meer as welkom om net te gaan kyk en deel te wees van al die pret en plesier teen slegs R60 per persoon.

Sondela bied natuurlik ook hulle puik akkommodasie en kampering aan en besprekings daarvoor kan direk by Sondela gemaak word by info@sondela.com of skakel hulle by tel. (014) 736 8800.

Die organiseerders sien uit daarna om ’n rekordaantal Hilux-voertuie op die terrein te verwelkom.

Related Articles

Back to top button