AdvertorialSponsored

Outentieke Afrika-produkte in Vaalwater

Courtney James African Elegance is ’n sakeonderneming in Vaalwater waar elegante klere en unieke Afrika artikels vir die kieskeurige kliënte beskikbaar is.

Hul visie en doelwit is om die plaaslike ekonomie te versterk en ook om toerisme in die Vaalwater-omgewing te bevorder. Hierdie handelsmerkkonsep is reeds ’n dekade gelede gebore en het nou tot stand gekom. Die bewaring en uitdra van oorspronklike etniese ontwerpe en tradisies is deel van hul handelsmerkkonsep. Dit bied aan besoekers ’n outentieke inko-
pieondervinding.

Die onderneming, wat in die bekende Zeederberg-sentrum in die dorp geleë is, poog om die gehalte en pasgemaakte inkopie-ervaring van vervloë dae terug te bring, terwyl hulle alles wat Afrika is, omhels. Geïnspireer deur die groot Afrika-pioniers soos Courtney Selous — ontdekkingsreisiger, jagter en natuurkenner — wat deel vorm van die land se erfenis. Die Afrika-leefstylartikels wat met sorg en toewyding ontwerp en versamel is, gee ’n terugblik op die luukse leefstyl wat in Afrika aan die orde van die dag was.

Hulle moderne Afrika-ontwerpe, verweef met die duursame gehalte en gedetailleerde afwerkings, vereer die meesterkleremakers van ouds, is wat Courtney James ’n unieke Afrika-handelsmerk maak vir diegene met ’n aanvoeling en waardering vir gehalte. Van konsep tot materiaalkeuse en afwerkings, fokus hulle op detail en Courtney James-kliënte word met ’n gevoel van gemak en luuksheid gelaat.

Die onderneming nooi besoekers uit om by hulle te gaan inloer vir handgemaakte Courtney-stewels wat van buffelleer gemaak is en talle ander luukse buffel- en beesleerprodukte. Buiten die uitgebreide klerereeks is daar ook handgemaakte messe en ’n verskeidenheid ander produkte om ’n spesiale persoon mee te bederf.

Kliënte word ook genooi om aan te sluit by hulle “Outfitter en PH”-vergoedingsprogram om sodoende punte te verdien terwyl hulle in styl op die hande gedra word.

Besoek Courtney James African Elegance by winkel no. 5 in Zeederberg-sentrum op Vaalwater vir ’n unieke ervaring. Bel gerus vir Gustav Collins vir meer inligting by tel. 071 018 6766.

Related Articles

Back to top button