AdvertorialSponsored

Eet lekker by Groen Karavaan se winkel

As jy lus is vir lekker eet, is jy in goeie hande wanneer jy by Louis Pancakes in Modimolle aanklop.

Die vooraansig van Louis Pancakes wat op Vrydag 1 September in Modimolle open.

Dié ervare tuiskokke open nou ’n nuwe winkel in Modimolle bykomend tot hul gewilde Groen Karavaan wat al sewe jaar lank lekkerbekkiges vanuit hul mobiele kombuis by die Kokanje-aftreeoord se ingang bedien.

Louis Pancakes het reeds ’n aantal ondernemings in die kosbedryf gehad waaronder ’n winkel wat in burgers gespesialiseer het, ’n koffiewinkel en ’n a la carte-restaurant in Pretoria, Thabazimbi en Polokwane.

Louis en Alta van Wyk van Louis Pancakes open binnekort hul nuwe winkel se deure in Modimolle.

Louis Pancakes se Groen Karavaan bied varsgebakte pannekoeke, gevulde vetkoeke, kerrie-en-rys, ’n groot verskeidenheid tuisgebakte vleispasteie en talle ander smullekker geregte. Louis Pancakes was ’n bekende gesig by die jaarlikse Druiwefeeste wat vroeër in Modimolle gehou is. Hulle het op aandrang van organiseerders en besoekers ook ander feeste soos Aard-
klop in Potchefstroom bedien.

Die nuwe winkel van Louis Pancakes open op Vrydag 1 September hul deure langs Alzu Voere in Nelson Mandelarylaan 9 in Modimolle. Die bestaande spyskaart word uitgebrei met nostalgiese onthoukos soos pap-en-vleis. Die vis-en-skyfies is ook ’n wenner wat die kliënte na die verlede sal laat verlang.

Die Groen Karavaan sal nog steeds op Woensdae, Vrydae en Saterdae op sy plek voor Kokanje se ingang wees.

Louis Pancakes se sake-ure is van 08:00 tot 19:00 gedurende weeksdae en van 08:00 tot 14:00 op Saterdae. Hulle is Sondae gesluit.

Navrae of bestellings kan per Whatsapp na tel. 062 079 5466 gestuur word.

Related Articles

Back to top button