AdvertorialSponsored

Kom skop jou skoene uit by Elandspoort-gasteplaas

Die Elandspoort-gasteplaas, slegs ’n klipgooi buite Modimolle, se grondpaadjie kronkel tussen die rustigheid van Bosveldbome deur.

Besoekers aan hierdie nuwe 80 ha-gasteplaas, net ná die Weesgerus-vakansieoord op die Vaalwater-pad, parkeer digby hul luukse verblyf. Die eenhede se stoepe, elkeen met ’n ingeboude braaiplek, kyk uit oor die groen grasperke en maroelabome.

Daar is swartwitpense, swartrooibokke, njalas, duikers en springbokke op die plaas en besoekers kan ’n wildsrit met hul eie voertuie onderneem of gaan stap. Op warm dae kan gaste afkoel in die sementplaasdam langs die wooneenhede.

Die gasteplaas, ’n projek wat Nico en Nici Stolp aangepak het, beskik oor vyf nuuttoegeruste selfsorgeenhede. Vier van die eenhede bied slaapplek vir vier gaste per eenheid. Dit beskik oor twee slaapkamers en een badkamer, met die hoofslaapkamer wat ’n koningsgrootte dubbelbed het en die ander kamer met twee enkelbeddens. Die ruim badkamers het ’n bad, stort, toilet en ’n wasbak. Alle linne en badhanddoeke, asook swemhanddoeke, word voorsien.

Die Maroela-huis, wat slaapplek vir ses mense bied, het ’n lieflike groot stoep met ’n binnebraai. Dit sluit aan by die opelugboma en braaiplek onder die bome.

Die oopplankombuis is toegerus met ’n tweeplaatgasstoof, ys- en vrieskas, mikrogolfoond, elektriese rooster, geriewe om tee en koffie te maak en basiese eetgerei en breekware. Die leefarea nooi gaste om terug te sit en te ontspan met ’n rusbank, stoele en ’n televisie reg langs die stoep.

Die Maroela-huis bied slaapplek vir ses gaste. Die ruim eenheid beskik oor drie slaapkamers en twee badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n koningsgrootte dubbelbed en ’n en-suite badkamer.

Daar is lugversorging en ’n skuifdeur wat uitloop in die tuin. Die ander twee slaapkamers het elk twee enkelbeddens en deel die tweede badkamer.

Hierdie wooneenheid se ooplankombuis en leefarea loop uit op ’n lieflike groot stoep met ’n binnebraai en etenstafel vir tien gaste. Hierdie eenheid het ook ’n opelugboma en braaiplek onder die bome.

Alle eenhede is toegerus met ’n dakwaaier, gratis WiFi, DSTV en ’n bystandkragopwekker.

Die Elandspoort-gasteplaas is ideaal vir ’n rustige naweekwegbreek of vir toer- of familiegroepe wat oornagverblyf benodig.

Vir meer inligting, skakel tel. 083 652 7193 of stuur ’n e-pos na info@elandspoortguestfarm.com.

Related Articles

Back to top button