AdvertorialSponsored

Dierekliniek verwelkom nuwe veearts

Die Nylstroom-dierekliniek in Modimolle het ’n nuwe veearts, dr. Fritz Loggenberg, by die praktyk verwelkom.

Loggenberg is oorspronklik van Harrismith in die Vrystaat en het op ’n veeplaas groot geword. Hy het ná matriek vir ’n BSc-landbougraad aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer. Daarna het hy veeartsenykunde by Onderstepoort in Pretoria gestudeer. Sy verpligte jaar as intern het hy in 2022 in Qwa Qwa in die Vrystaat voltooi.

Drs. Karel Toet en Stephen Gerber van die Nylstroom-dierekliniek verwelkom hul nuwe kollega en sê hy is besonder talentvol en sal goed oor die weg kom met die inwoners van die Waterberg-gemeenskap.

Hoewel hy spesialiseer in produksiediere, het hy ’n groot voorliefde vir kleiner diere en is hy ’n aanwins vir die praktyk.

Loggenberg sê sy belangstellings is legio en hy is ’n buitelewe-mens. Hy is lief vir sport en geniet visvang.

“Inwoners moet asseblief laat weet waar die beste damme met vis is!” skerts hy.

Hy het in Februarie vanjaar die knoop deurgehaak op Mooiplaas buite Modimolle en is met dr. Karli Loggenberg getroud. Sy is tans die staatsveearts in Mokopane.
Inwoners heet hul hartlik welkom in die Waterberg.

Related Articles

Back to top button