AdvertorialSponsored

Promosie: Jou kontak vir sonkrag-oplossings

Ná jare se betroubare diens, brei Satellite Connection in Modimolle hul sakeonderneming uit.

Christo Bredenkamp, eienaar, bestuur die onderneming reeds 18 jaar. Nadat hy twee jaar lank navorsing gedoen het en weer sy elektriese rooiseël-kwalifikasie en diploma in elektriese ingenieurswese afgestof het, het hy homself bewapen met ’n geldige sertifikaat van die Association for Renewable Energy Practitioners (AREP).

Hy en sy seun, Kevin, wat opleiding in huis-outomatisering het, span hul kragte saam om ’n nuwe sonkrag-installasie onderneming, Solar Connection, op die been te bring.

“Ons strewe is om die beste gehalte produkte teen mededingende pryse aan ons gewaardeerde kliënte te verskaf en te installeer,” het Bredenkamp gesê. “Ons installasies voldoen aan wetgewing en dit is vir ons van kardinale belang dat ons kliënte gerustheid in hul harte het dat hul installasies veilig is. Ons voorsien belangrike energiebesparende oplossings en help kliënte om dit te implementeer.”

Solar Connection gebruik slegs materiaal van die hoogste gehalte wat beproef is en deur die jare die toets deurstaan het. Hulle voorsien “on grid” en “off grid”-oplossings en is bekend met die unieke energiebehoeftes en omstandighede in Suid-Afrika wat die afgelope jare drasties verander het.

“Ons probeer om die probleme wat beurtkrag vir ons kliënte meebring uit die weg te ruim. Hier in die Waterberg is dit regtig onaangenaam om in die somer sonder ’n waaier te slaap. Daar is ook lewensbelangrike toerusting soos suurstofmasjiene wat 24 uur per dag moet funksioneer,” het Bredenkamp gesê.

Solar Connection se kliëntebasis strek oor die hele Limpopo tot by Musina. Hulle het ook installasies in Pretoria gedoen.

Hulle kantore is in Modimolle geleë en hulle nooi inwoners uit om hul vriendelike personeel te skakel by tel. 082 494 3132 (Christo), 071 332 3987 (Kevin) en 082 520 9810 (Cindy Erasmus by die kantoor).

Related Articles

Back to top button