AdvertorialSponsored

Werkwinkel oor veldrestourasie

Africa Land-use Training bied ’n praktiese werkwinkel aan op Woensdag 30 November by hul opleidingsplaas in die Drie Hekke- omgewing, 4 km buite Modimolle.

Die werkwinkel, wat op veldrestourasie konsentreer, begin om 08:00 waarna verskeie kenners aanbiedings en praktiese demonstrasies sal lewer. Die beheer van indringer- en probleemplante word ook bespreek.

Volgens die Society for Ecological Restoration (SER) beteken ekologiese restourasie die praktyk om ’n ekosisteem wat agteruitgegaan, beskadig of vernietig is, by te staan en tot die eertydse glorie te herstel.

Talle wildplase of plase waar met vee geboer word, het areas waar die veld se toestand en drakrag tot só ’n mate agteruit gegaan het dat diereproduksie ernstig benadeel word. Hierdie areas se biodiversiteit verlaag drasties en daar is ’n wesenlike risiko van gronderosie. Bosverdigting, kaal kolle en dele waar oorheersend onsmaaklike grasse voorkom, is tipiese simptome van areas wat veldrestourasie benodig.

Die praktyke wat tydens veldrestourasie gebruik word, is gebasseer op die graad van agteruitgang, asook die tipe herstel wat nodig is. Verder word nuwe metodes en middels voortdurend ontwikkel soos navorsing en tegnologie verbeter.

Die ALUT werkwinkel is geskik vir veeboere, wildsboere en grondeienaars wat die natuur wil bewaar. Belangstellendes kan vir Frits van Oudtshoorn bel by tel. 078 228 0008 of e-pos stuur na courses@alut.co.za om vir die werkwinkel te registreer.

Die koste beloop R1 100 per persoon wat ’n ligte middagete, verversings en ’n sertifikaat van bywoning insluit.

Related Articles

Back to top button