AdvertorialSponsored

Goeie musiek en pret is deel van Bosveld Musiek Karnaval

Afrikaanse musiekaanhangers kan uitsien na ’n naweek saam met van die land se topmusieksterre wanneer die Bosveld Musiek Karnaval by die Sondela-natuurreservaat en Spa gehou word.

Die verrigtinge sal van Vrydag 14 Oktober tot Sondag 16 Oktober duur en 12 van die land se top Afrikaanse sangers sal optree.

Besoekers kan tussen die vertonings die reservaat se aktiwiteite, soos kindervermaak, warmwaterswembaddens, wildritte, perdritte, vierwielmotorfietsry, asook die spa, geniet.

Daar kan heerlik gesmul word in die nuwe Sondela-restaurant-area en diegene wat hul dors in die warm Bosveldson wil les, kan gerus ’n draai maak by die oord se verskeie Ketelkraal-kroeë, die biertuin of die Van Loveren-wyntuin.

’n Kunsmark sal ook gehou word met ’n verskeidenheid van kleure en geure.

Feesgangers wat die karnaval behoorlik wil geniet sonder om heen-en-weer te ry, kan vir akkommodasie navraag doen deur die webtuiste www.sondelacom te besoek.

Besoekers kan hulself dié naweek in die reservaat se goedtoegeruste tenthuise tuismaak teen ’n bekostigbare berag van R1 800 vir twee gaste per tent.

Die kunstenaars en hul opvoeringstye op die betrokke Saterdag is as volg: Chris Else (10:00), Monique Steyn (11:00), Pieter Smith (12:00), Leah (13:00), Ruan Josh (14:00), Franja du Plessis (15:00), Ivan Roux (16:00), Rooksein (17:00, Irene-Louise van Wyk (18:00), Nicholis Louw (19:00), Karlien van Jaarsveld (20:00) en Kurt Darren (21:00).

Toegangsfooie beloop R150 vir kinders onder 12 jaar en vir almal bo 13 jaar is dit R250.

Mense kan ook bespreek deur www.ekspo.co.za te besoek.

Kom maak gerus ’n draai en deel in die feestelikheid saam met van die land se topmusikante.

Related Articles

Back to top button