NewsSponsored

Lance reeds tien jaar in diens van gemeenskap

Daar is min mense in Bela-Bela wat nie vir Lance Robinson ken of van hom weet nie. Die bedrewe installeerder van DSTV en ander skottel toestelle is al vir baie jare bedrywig in dié dorp.

Vanjaar vier TV Kliniek, Lance se sakeonderneming, hul tiende bestaansjaar. Hy is vol lof vir die gemeenskap wat hom help groei het die afgelope tien jaar. Hy is reeds 26 jaar in die dorp besig met die gemeenskap se televisiestelle.

Hy wil ook alle eer en lof gee aan die Here.

TV Kliniek, Lance Robinson.

Lance het in 2003 by Radio Lektriek, wat in Sutterweg geleë was, aangesluit. Hy het later die sakeonderneming by die vorige eienaar, Fanie de Klerk, gekoop.
In 2014 het TV Kliniek die lig gesien.

Hy en sy vrou, Leonie is aan stuur van sake. In September 2019, letterlik net enkele maande voor die uitbreek van die Covid-19-pandemie, het hul die sakeonderneming na Bospoort-plotte verskuif.

Hierdie skuif was dan ook ‘n bedekte seën volgens Lance, as gekyk word na hoe sakeondernemings negatief deur die Covid-19-pandemie geraak is.

Tans is die kommersiële- en gasvry-heidsbedryf hul grootste ondersteuners, maar vir die inwoners van Bela-Bela sal daar altyd tyd gemaak word in ’n besige werksdag. Lance is oortuig dat noue bande met die gemeenskap baie belangrik is en daardie bietjie persoonlike kontak ’n mens ver kan bring.

TV Kliniek, Eddie Steytler.

Lance se skoonseun, Eddie en hul dogter Bianca Steytler, het ook nou onlangs by hulle aangesluit uit KwaZulu-Natal. Hulle is van voorneme om die familie-onderneming tot groter hoogtes uit te bou. Eddie is ’n IT spesialis en diens ook drukkers, terwyl Bianca die kantoor en werkswinkel behartig.

TV Kliniek is tans goedgekeur as diensverskaffer vir Jenny Internet-verskaffers, en sal die alleenreg as verskaffer van dié diens word in Bela-Bela en hul uitgebreide diensgebied. Jenny Internet bestaan al sedert 2007, en beskik oor nagenoeg 500 torings in Botswana, Lesotho, eSwatini (Swaziland), Zambië, Mosambiek en Suid-Afrika.

TV Kliniek se dienste sluit ook in CCTV, Solarsonkrag installasies, alternatiewe krag ondersteuningstelsels, sein versterking, hek motors en nog meer.

Lance en Eddie is ook leergierig en wil akkreditasie vir soveel as moontlik verwante kwalifikasies bekom.

Die TV Kliniek is ’n een-stop-diensverskaffer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button