NewsTravel

Dokter tuis na meer as 3000 km

Dr. Andre Hattingh van Pediatric Care Africa (PCA), het veilig in Mbombela gearriveer.

Hattingh, waaroor Die Pos op 26 Julie verslag gedoen het, het gepoog om met ’n Mahindra-trekker, ’n nuwe wêreldrekord op te stel as deel van ’n fondsinsamelingsprojek. PCA staan kinders in Afrika-lande by wat spesialis mediese sorg nodig het.

Hattingh het op 23 Julie, wat na 480 km nog redelik aan die begin van sy rekord poging was, deur Bela-Bela gery en Die Pos het met hom ’n paar woorde gewissel. Hy het toe gesê dat na ’n duisend kilometer, as die liggaam begin rebelleer, word dit ’n geestelike saak.

Hy het op Maandag, 12 Augustus baie moeg, maar veilig Mbombela binne gery, na ’n totale reis van 3670 km in die rooi Mahindra-trekker wat ’n bekende gesig geword het op sy reis deur Suid-Afrika.

Hattingh gaan vir nou eers bietjie uitspan op De Rust, in die Klein-Karoo, waar hy sedert sy aftrede in 2017 woonagtig is.

Related Articles

Back to top button