News

Son verlig strate snags

Nuwe straatligte met sonkragpanele is die afgelope week in Hans Campher-rylaan in Modimolle opgerig.

Volgens Wiets Botes, die DA-wyksraadslid, is daar vyftien ligte van 200 Watt elk op nuwe pale geplant sodat die straat nie meer snags donker sal wees nie.

Hans Campher-rylaan is die laaste straat in die dorp aan Bela-Bela se kant en is ’n deurgangsroete vir baie inwoners van die Bosveldsig-aftreeoord en die omliggende woonbuurt. Die pad met sy breë sypaadjie en baie bome was snags pikdonker.

“Ons werk al lank daaraan om straatligte met sonkragpanele te installeer om elektrisiteitkostes te bespaar.

Hoewel hierdie ligte nie so skerp skyn soos gewone straatligte nie, sorg dit darem vir genoeg lig,” het Botes gesê. “Ons hoop dat ons al meer straatligte met hierdie sonkragpanele sal kan vervang.”

Inwoners kla gereeld dat talle strate in die dorp se straatligte nie werk nie en dat hulle bekommerd is oor die veiligheidsrisiko’s wat dit inhou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button