News

Leef jou vrouwees orals uit

Augustus is Vrouemaand en dit herinner my weer om lief en goed vir jouself te wees en al jou goeie kwaliteite te omarm.

Ek bewonder vroue wat nie bang is om net hulself te wees nie en hulle uniekheid kan uitleef. Dit is vroue wat nie nodig het om voor te gee nie of haarself met ander te vergelyk nie.

Ek het grootgeword met die siening dat vroue wat nie tuis kinders grootmaak, sekretaresses vir ‘base’ word of gaan leer om ’n skooljuffrou of verpleegster te word. Gelukkig het die verkrampte rol waarin vroue geplaas was, met die emansipasie van vroue in die sewentigs gewyk. Vandag kan die skoner geslag hul loopbaanleer net soos hul eweknie manne tot bo klim.

Vroue is nou veel meer as tuisteskeppers, hulle is ongelooflik sterk en het die vermoë om hul gesin, familie en vriende bymekaar te hou. Hulle is planmakers en die gom wat als en almal bymekaar hou en oplossings voorsien voordat uitdagings hul kop uitsteek. Hul brawe lewensuitkyk sien kans vir alles onder die son.

Ek salueer werkerde ma’s wat hul kroos moet versorg terwyl hul ook hul ambisies vervul.

Ek eer ook evas soos my oumas, sterk vroue wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie. Ek het as klein dogtertjie met blink oë opgekyk hoe hul vir die kerkbasaar bak en brou en hul vaardighede en liefde op vele tereine terugploeg in die gemeenskap.

Kyk ek die nuus op televisie kry ek steeds die vroue in die wêreld lande waar vroue se regte nog misken word, jammer. Hul wat in hierdie tyd waarin ons leef onderdruk word en skaars hul huise mag verlaat, nie mag werk, bestuur of reis nie.

Dit is dan wat ek dankbaar is vir geleerdheid en vryheid om my mening te lig en my eie keuses maak.

Ons vroue kan kies wie ons in die samelewing wil wees.

Ek sê onomwonde in hierdie Vrouemaand vang die lewe met al sy uitdagings vas en skep die geleenthede wat op jou pad kom, want die wêreld het sterk vroue nodig.

Related Articles

Back to top button