News

Spanwerk maak polisie sterk

Deeglike spanwerk en die blitsige reaksie van private veiligheidsfirmas in Mookgophong het onlangs in twee gevalle daartoe bygedra dat gevaarlike misdadigers aangekeer is.

’n Supermark in die hoofstraat van die dorp is op Saterdagmiddag 13 Julie deur gewapende mans beroof. Nadat daar alarm gemaak is, het Reflex Sekuriteit die voortvlugtende rowers se voertuig opgespoor waar dit in die rigting van Mokopane gevlug het. Hulle het dadelik die polisie se hulp ingeroep toe hulle die voertuig gewaar.

Volgens die maatskappy het die polisie aangesluit by die jaagtog wat tot in Tibane naby Polokwane geduur het. Die verdagtes het uit hul grys Volkswagen Polo gespring en te voet gevlug, maar die polisie en sekuriteitswagte het hulle aangekeer. Daar is glo gesteelde sigarette, geld, selfone en twee wapens by hulle gevind.

Volgens kapt. Ockert du Plessis van die Mookgophong-polisie het die onderneming se kameras wat buite die gebou gemonteer was, baie gehelp om die verdagtes te wegkom-voertuig te identifiseer.

Die sekuriteitsfirma het blitsig reageer toe hulle dit gewaar en hulle agtervolg.

“Drie mans is aangekeer, ongelukkig het een van die verdagtes weggekom nadat hy ’n mes getrek het en een van die inwoners gesteek het,” het hy gesê.

Die verdagtes se ouderdomme wissel tussen 25 en 42. Hulle sal in die Matlala-landdroshof verskyn en hul voertuig is gekonfiskeer, volgens die provinsiale polisiewoordvoerder kol. Malesela

Ledwaba. In ’n tweede geval ’n week vantevore het vier verdagtes wat glo ’n moord op Lebowagkoma gepleeg het, ook hul rieme styf geloop deur goeie spanwerk. Volgens die veiligheidsgroep

Heritage Protection Group het die verdagtes ’n winkeleienaar in Lebowakgoma doodgeskiet en in die rigting van Gauteng gevlug. Verskeie veiligheidsgroepe was op die uitkyk vir die voertuig en Reflex Sekuriteit se span in Moogokpong kon die voertuig voorkeer. Vier mans is aangekeer en drie handwapens is by hulle gevind. Die groep is moontlik betrokke by nog misdade.

Die gedugte spanne wat betrokke was by die aankeer van hierdie verdagtes was HPG, die Mookgophong-polisie en die polisie se taktiese reaksie span (TRT), die hoofwegpatrollie, Tracker SA, Reflex Sekuriteit en Bassopa Sekuriteit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button