News

Wat braai jy?

In ’n onlangse studie wat deur StatsSA uitgereik is, verbruik Suid-Afrikaners tot tien keer meer hoendervleis as beesvleis.

Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimvee Vereeniging verbruik die gemiddelde Suid-Afrikaner 37,3 kg hoender per jaar, dit is ’n gemiddeld van amper 150 kg hoender per gesin van vier, per jaar.

Cecil Botha van Prime Cut Slaghuis.
As ’n student wat nie baie geld het nie, braai ek maar gewoonlik “pork-rashers” of ’n stukkie gebeukte (tenderised) biefstuk. Ek eet nie maklik slaai nie.

Hoendervleis is by uitstek die mees gewildste diere-proteïne wat in die land geëet word. Die naaste mededinger wat prys betref is varkvleis, wat die derde meeste verbruik word in die land, en met die wye godsdienstige sienings, wat beperkings op die gebruik van varkvleis daar stel, word daar nie verwag dat die situasie gou omgekeer sal word nie.

Carel en Aletta Greyling van Hen-Cas Slaghuis.
’n T-been en beeshaas (rump), maar daar is gewoonlik wors en ’n varktjop by.

Volgens statistiek verbruik Suid-Afrikaners ’n totaal van 26,42 kg rooivleis per persoon per jaar, beesvleis (18,2 kg), varkvleis (5,2 kg), en skaap- en bokvleis (3,1 kg).

Thys van Zyl – Springbok Boma.
Ons braai maklik drie keer per week. Bees kortrib, en T-been bly maar ’n gunsteling. Die seuns hou van hoender op die kole. Dan is daar soms vark- en skaaptjops of ’n lekker ribbetjie, en altyd ’n ou stukkie wors… ons braai nie vis nie.

Plaaslik kos dit die verbruiker tans ’n gemiddeld van R69 p/kg hoender, beesvleis R103 p/kg (kookvleis), R127 p/kg (biefstuk), varkvleis R95 p/kg, en skaapvleis R172 p/kg*. Finansieel is dit net nie meer altyd moontlik vir almal om die braaivleis vure elke dag te laat brand nie.

Related Articles

Back to top button