News

Limpopo wedvlug-duiwe vlieg ver

Die Sentraal-Limpopo Duiwe-unie laat definitief nie toe dat die koue winter toestande van sentraal Suid-Afrika hulle afskrik van duiwe-wedvlugte nie.

Die Vrystaat dien tans as hul wegspringpunt, en na ’n baie goeie vertoning verlede week op Kroonstad, het hulle op Saterdag, 15 Junie vanaf Ventersburg gevlieg. Die weer het saamgespeel, en die toestande is beskryf as mooi weer, wat gunstig is vir goeie tye van die duiwe.

In die #7 Ventersburg JO-afdeling het Fanie Lourens van Bela-Bela eerste gekom oor ’n afstand van 349,6 km, en ’n vlugtyd van 11:38:47. In die tweede plek was Arrie en Lynette van der Merwe en derde was Frank Ferreira B-hokke.

In die #8 Ventersburg Ope-afdeling was die duiwe van Arrie en Lynette van der Merwe eerste oor ’n afstand van 367,6 km, en die wenners het ’n tyd geklok van 12:21:46. In die tweede plek in hierdie afdeling was die duiwe van Frank Ferreira B en Frank Ferreira A.

Arrie en Lynette van der Merwe loop tans voor met punte in die plaaslike klub.

Die unie se volgende vlug is vanaf Winburg op Saterdag, 22 Junie.

Related Articles

 
Back to top button