EntertainmentLifestyleNews

Gospel sanggroep bekoor met bekendstelling van eerste album

Hoërskool Warmbad se skoolsaal was verlede Vrydagaand stampvol toe die Gospel sanggroep, G4 hul langverwagte album uitgereik het.

Die album se titel is Nuwe Hemel en het 13 van hul uitsoek snitte daarop. Dit kan aangeskaf word by die kunstenaars self of op die sosiale media platforms Spotify, I-tunes en Youtube
G4 bestaan uit vier musikante; Christo Stander, Wimpie van Rooyen, Sonja Stander en die Stander-egpaar se seun, Johan. Hulle is almal ou bekende inwoners van die dorp en het al by verskeie spesiale geleenthede opgetree. Hul het ook hul eerste musiekvideo opgeneem van die titelsnit, Nuwe Hemel.

Dit was nie net inwoners van Bela-Bela wat die glans bekendstelling bygewoon het nie, maar ook talle inwoners van Modimolle en Mookgophong. Daar was ook enkele mense van Duiwelskloof (Modjadji-kloof) wat die spesiale aand meegemaak het.

Die vier musikante is al vir jare vriende, en Christo vertel dat hy vir Wimpie in 1999 ontmoet het. Wimpie het dan ook vir hom en Sonja gehelp om hul eerste CD – Aan Ons Koning Al Die Eer – vry te stel. Na vele saamwerk projekte, en talle vertonings by kerke in die dorp, het hulle in 2018 begin om Kers-sangprogramme aan te bied, en in 2022 het hulle gesamentlik besluit om hul groep, God’s Grace Gospel Group (G4) op die been te bring.

G4 staan sterk in hul geloof en hul hoop om by meer geleenthede, kerke en in ander dorpe op te tree. Hul onmiddellike toekoms planne is dan ook om beslis nog ’n musiek video op te neem en nog CD’s vry te stel.

G4 saam met Maria Oberholzer van Die Pos (4de van links).

Elke lid van die groep het hul verbintenis tot die groep as volg beskryf:

Christo – ‘Ek geniet die samesyn’.
Wimpie – ‘Om vir die verheerliking van die Here se naam te leef’.
Sonja – ‘Die vriendskap en ondersteuning is vir my belangrik.’
Johan – ‘Almal het ’n storie om te vertel, en ons verkies om dit deur musiek te doen.’

Op ’n vraag van wat hul gesamentlike boodskap aan die ganse Suid-Afrika sou wees, het al vier soos een man geantwoord – ‘Kyk op en keer terug na God!’

Related Articles

Back to top button