News

VF Plus neem met leedwese kennis van die afsterwe van Marlene van Staden

Sy was ʼn energieke, hoogs bekwame jong vrou wat haar merk in die politieke arena gemaak het.

Die VF Plus neem met leedwese kennis van die afsterwe van Marlene van Staden op die ouderdom van 42 jaar.

Van Staden was die DA-burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Modimolle, Mookgophong, Roedtan, Alma, Vaalwater).

Sy was ʼn energieke, hoogs bekwame jong vrou wat haar merk in die politieke arena gemaak het.

Die VF Plus betuig hiermee sy innige meegevoel met haar eggenoot, familie en vriende.

Die party se hart gaan uit na haar twee seuntjies van onderskeidelik drie en sewe jaar oud.

Mag die Here haar gesin in hierdie hartseertyd vertroos en vrede bring.

Related Articles

Back to top button