AdvertorialNewsSponsored

Ons Winkel bied hoop aan hulpbehoewendes in gemeenskap

Solidariteit Helpende Hand het ’n netwerk van skenkingswinkels wat bekend staan as Ons Winkel.

Ons Winkel is die middelpunt waar die gemeenskap tweedehandse goedere skenk en die voorraad word dan teen bekostigbare pryse vir hulpbehoewendes aangebied.

Die bestuur van Ons Winkel het in ’n onderhoud gesê dit is hul plig om te sorg dat goedbedoelde skenkings optimaal aangewend word. Juis daarom verkoop hulle die skenkings om op ’n indirekte en verantwoordelike wyse na die gemeenskap uit te reik. Op dié manier kan die geld weer direk verligting bring aan mense in die gemeenskap wat in nood verkeer.

’n Gedeelte van die wins word ook in ’n spesiale studiefonds betaal. Studente wat nie oor die nodige geld beskik om vir hul studies te betaal nie, kan in aanmerking kom vir dié beurse.

Die werksgeleenthede wat in elke Ons Winkel geskep word, dra by tot die ekonomie van die dorpe waarin daar winkels is. Daar is tans 120 Ons Winkels in die land en hulle maak ’n wesenlike verskil in hul gemeenskappe.

Helpende Hand se Ons Winkel in Bela-Bela het geskuif na ’n groter perseel op die hoek van Kretzchmarlaan en Lunaweg. Hulle het hul kliënte op Vrydag 1 Julie verwelkom. Op die foto is Tanya Potgieter (Limpopo-verteenwoordiger), Marianthie Botha (sameroeper: Limpopo), Helen Schoeman (bestuurder) en Carlo Ankiewitcz (Limpopo-verteenwoordiger).

Bela-Bela se tak van Ons Winkel is op die hoek van Kretzchmarlaan en Lunaweg (die perseel waar Prominent Paint was).

Heleen Schoeman en haar vriendelike personeellede is gereed om inwoners en besoekers daar te ontvang. Bel gerus vir Heleen by tel. 082 891 9098 met enige skenkings.

Related Articles

Back to top button