AdvertorialNews

Ons Winkel in Bela-Bela nou nóg groter om verskil te maak

Solidariteit Helpende Hand, wat deur die burgerregteorganisasie AfriForum tot stand gebring is, het ’n netwerk van skenkingswinkels in die Waterberg-streek en ook elders in die land.

Hulle bestuur die liefdadigheid onder die handelsnaam Ons Winkel.

Ons Winkel is die middelpunt waar die gemeenskap tweedehandse goedere kan skenk en waar bekostigbare en bruikbare artikels teen bekostigbare pryse gekoop kan word.

Dit is Ons Winkel se plig om te sorg dat goedbedoelde skenkings nie verkeerdelik aangewend word nie. Juis daarom verkoop hulle die skenkings om op ’n indirekte en verantwoordelike wyse na die hulpbehoewende gemeenskap uit te reik.

Hoekom verkoop hulle die skenkings? Maklik, want een persoon se L-grootte trui sal nie vir ’n sewejarige kind pas nie en dit sal ook nie vir sy of haar voedselbehoefte voorsiening maak nie, maar die kontant kan wel.

’n Gedeelte van die wins van die verkope gaan vir studiefondse wat studies moontlik maak vir studente wat andersins nie die geleentheid sou gehad het om verder te studeer nie. Ons Winkel dra nie alleenlik by tot studiefondse nie, hulle skep ook werkgeleenthede vir die werknemers wat in die winkels diens doen.

Daar is tans meer as 120 Ons Winkels landwyd waar inwoners hul kosbare skenkings kan afgee om deel te word en ’n verskil in iemand se lewe te maak. Só skep almal hoop vir ’n beter toekoms.

Die Ons Winkel in Bela-Bela het onlangs verhuis na ’n groter perseel. Hulle is in die ou Prominent Verf-gebou op die hoek van Lunaweg en Kretzchmarlaan.

Gaan snuffel gerus tussen die produkte wat kunstig uitgestal is. Wie weet? Dalk loop jy ’n kosbare antieke artikel daar raak.

Vir navrae bel vir Heleen Schoeman by tel. 082 891 9098.

Related Articles

Back to top button