AdvertorialNews

kykNet Buite Ekspo met mening terug

Die gewilde kykNET Buite-Ekspo vind die naweek van 24-26 Junie by die Sondela-natuurreservaat & Spa buite Bela-Bela plaas.

Die byeenkoms, wat jare lank ’n hoogtepunt op buitelewe-geesdriftiges se kalender was, kon weens die Covid 19-inperkings nie die afgelope twee jaar plaasvind nie.

Sondela se terrein bied verskeie unieke geleenthede om die ekspo uiters interessant te maak. Boonop is die terrein slegs ongeveer 80 km vanaf Pretoria, reg langs die N1-snelweg by die Bela-Bela afrit, en daarom uiters gewild onder besoekers uit Gauteng.

Die kykNET Buite-Ekspo Wes-Kaap, wat in Maart gehou is, is ondanks streng Covid 19-protokol deur ’n verbysterende meer as 22 000 besoekers besoek.

Die geleentheid buite Bela-Bela is spesifiek gemik op die buitelewe-, kampering- en 4×4-entoesiaste en die hele gesin is welkom. Dit is ’n volwaardige buitelewe leefstyl-ekspo en bestaan nie net uit buitelewe uitstallers wat hul produkte op ’n baie unieke manier uitstal nie, maar bied ook baie opwindende aktiwiteite aan om die hele gesin besig te hou. Dit sluit in die die Hankook 4×4 Extreme-kompetisies (waar die publiek ook mag deelneem), André de Villiers van Safari 4×4-roetes op kykNET se Amarok-ritte, Action Ford Modimolle se Ranger Raptor-ervarings en helikopterritte.

Daar sal ook puik kunstenaars optree, geborg deur Hankook Tyres, en daar is ’n volwaardig kunsmark met vooraf goedgekeurde uitstallers.

kykNET daag ook die akteurs van die sepies Binnelanders en Getroud met Rugby uit om aan ’n baie spesiale braaikompetisie — aangebied deur Jimmy’s Steakhouse-souse — deel te neem om te bepaal watter sepie koning kraai as wenners. Dié kompetisie is uiters gewild aangesien die publiek kan skouers skuur met hul gunstelingsepiesterre terwyl hulle self deelneem aan die pret.

Die kinders sal vermaak word met ’n groot pretpark (volwassenes mag hierdie dalk ook geniet), asook Jakkie Louw se gewilde Felias en Pokkel-vertoning op die verhoog. Daar sal kameelritte en ritte op die Hankook Big Mama-monstertrok wees.

Vir die lekkerbekkiges word daar gekeurde kosstalletjies op die terrein beplan met ’n groot kroeg- en biertuin, asook van Loveren-wynkelder se wyn-en-kuiertuin.

Besoek gerus www.ekspo.co.za vir meer inligting en om dagbesoekerskaartjies via Ticket Master te koop. Kaartjies sal ook op die dag by die hekke beskikbaar wees.

Trio Events, wat die fees aanbied, voldoen 100% aan die Covid-19-voorskrifte soos deur die regering voorgeskryf.

Daar is nog ’n paar uitstalruimtes beskikbaar. Belangstellendes kan vir Tersia kontak by accounts@ekspo.co.za of bel haar direk by tel. 072 487 0000.

Related Articles

Back to top button