MunicipalNews

Sóveel gaan Bela-Bela-inwoners aan munisipaliteit moet opdok

Bela-Bela-inwoners sal vanaf Vrydag 1 Julie hoër heffings op munisipale dienste en belasting moet opdok.

Die inligting wat tydens die openbare vergadering met inwoners van Wyk 1 gedeel is, sluit in:

  • Die munisipaliteit beplan om in die komende boekjaar R489 834 000 aan uitgawes te bestee. Dit sluit geld in vir instandhouding (moontlik 10% van die begroting).
  • Die totale operasionele begroting word beraam op R505 848 000.
  • Hierdie bedrag sluit verder ’n begrote bedrag van R165 680 000 in vir munisipale salarisse (34% van die totale begroting). Dit is ’n verhoging van R13 732 200 teenoor die vorige boekjaar.
  • Raadslede se salarisrekening styg van R7 509 000 na R8 047 000.
  • Die munisipaliteit hoop om ’n surplusbedrag van R16 014 000 in die nuwe boekjaar te behaal.
  • Eiendomsbelasting styg met 4,8%.
  • Vullisverwydering en sanitasieheffings styg met 4,8%.
  • Die koste van waterverbruik styg met 11,51%.
  • Kragheffings styg met 9,6% vir munisipale verbruikers. Eskom-verbruikers se kragrekening styg met 17,9%.
  • Alle woonhuise ontvang ’n R50 000-vrywaring op belasting.
  • Kommersiële landbouers ontvang 55% vergunning op hul grondbelasting.
  • Hulpbehoewendes betaal geen belasting op hul eiendom nie. Hulle ontvang verder 50 kwh krag en 6 kl water maandeliks gratis.
  • Pensioentrekkers en gestremde inwoners ontvang ’n bykomende 30% afslag op hul grondbelasting.
  • ’n Regeringstoelaag van R90 684 000 is begroot om munisipale infrastruktuur te verbeter.
  • ’n Toelae van R27 674 000 is begroot om die dorp se kragnetwerk uit te brei — geld vanuit die geïntegreerde nasionale kragvoorsieningsprogram.
  • Vir water en sanitasie-infrastruktuur word daar ’n toelaag van R1 miljoen verwag.
  • Die volgende projekte — die opgradering van paaie, sportgeriewe, die munisipale stortingsterrein, stormwaterstelsels en begraafplase — word na die nuwe termyn oorgedra om voltooi te word.
  • Die enigste begrote projekte in Wyk 1 sluit in die opgradering van die rioolstelsel by Forever Resorts, die vervanging van grootmaat-watermeters asook beskadigde komponente, en die opgradering van die munisipale rioolaanleg.
  • Daar is nie begroot vir die voltooiing van die 132/11kva kragsubstasie op die Settlers-pad nie.
  • Daar is voorsiening gemaak vir beperkte kragvoorsiening by huishoudings in die Bela-Bela-township se Uitbreiding 9, maar die inwoners van Koppewaai en Uitbreiding 5 (1371 huishoudings) sal egter nog ’n jaar moet wag.
  • Die munisipaliteit het in die huidige boekjaar begroot om R700 000 op skootrekenaars, rekenaars en telefone te bestee. R200 000 is bewillig vir internetdienste en R25 000 vir ’n industriële stofsuier.
  • Die bedrag wat bewillig is vir munisipale drukkers is R200 000.

Related Articles

Back to top button