AdvertorialNewsSponsored

Protea Apteek vier 70 jaar

Die Protea Apteek in Modimolle is destyds deur Leon van Deventer op 15 Februarie 1952 geopen en staan ná 70 jaar nog steeds in diens van die gemeenskap.

Pieter Jones, huidige apteker en eienaar, is ’n gebore Nylie wat destyds aptekerswese aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer het. Hy het as student in 1997 by Protea Apteek begin werk saam met André Thiart, wat die eienaar vir meer as 33 jaar was.

Later het Jones ’n volwaardige vennoot geword en met Thiart se aftrede in 2014 het hy voltyds oorgeneem. Jones is in 2010 getroud met Lauren en hulle is geseën met twee woelwaters, Alexandra (5) en Henry (2). Nina Briel het in Februarie 2015 as apteker by die Protea-familie aangesluit en ’n suksesvolle babakliniek gevestig.

Kort daarna het hulle ’n volwaardige Alpha Pharm-kliniek, die eerste in Suid-Afrika, begin met suster Cornell Laurens aan die stuur van sake.

Die Protea-span is die hartklop van die apteek wat met hul flink en vriendelike diens die gemeenskap bedien.

Inwoners van Modimolle weet hulle kan deurgaans by Protea Apteek aanklop vir hulp en raad. Gedurende die Covid-19-pandemie het die personeel spesiale moeite gedoen om kliënte emosioneel te onderskraag en by te staan.

“Ons deure is die afgelope 25 jaar nog elke dag oop — selfs op Kersdag — sodat ons deurgaans die gemeenskap kan bedien,” het Jones gesê.

Die apteek lewer ook daagliks pakkies per motorfiets in Modimolle af.

“Ons is opreg dankbaar vir al die getroue kliënte waarvan sommige ons al vir etlike dekades ondersteun,” het Jones gesê.

Kom loer gerus in by die apteek vanaf Donderdag 24 Februarie tot Vrydag 4 Maart vir opwindende aanbiedings en gelukkige trekkings.

Hulle is geleë in Nelson Mandela Rylaan 88, Modimolle, of kontak hulle gerus by tel. (014) 717 5351.

Related Articles

Back to top button