AdvertorialEntertainmentLifestyleNewsSponsored

Pieter Smith laat die Thaba-voete jeuk

Die Plaasjapie in Thabazimbi het sedert hul openingsaand in Junie vanjaar sinoniem geraak met goeie kos, goeie vriende en natuurlik goeie musiek.

Dié gewilde familierestaurant het die afgelope naweek gasheer gespeel vir een van Suid-Afrika se gewildste sangers, Pieter Smith.

Die sanger het deur die jare bekend geword vir liedjies soos Man op die Maan, Die Een en die immergewilde Stukkie van der Merwe waarmee hy dansvloere regoor Suid-Afrika aan die brand gesing het.

Hy het gesê sy terugkeer na Thabazimbi was een van die lekkerste kuiers in sy loopbaan.

“Ek het 25 jaar gelede vir die eerste keer in Thabazimbi gesing en ek moet bieg ek het nog nooit so lekker hier gekuier soos vanaand nie — en dit is nie ’n leuen nie,” het hy geskerts toe hy homself aan die gehoor voorgestel het.

Hy het oudergewoonte gesorg vir baie nostalgie. Hy het die een na die ander volksliedjie afgestof en met nuwe fleur aan die gehoor voorgehou.

Sy goue ouetreffers het die besoekers aan Die Plaasjapie nie net op hul voete gehad nie, maar hulle het ook luidkeels meegesing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button