AdvertorialNewsSponsored

Langplaas is net die plek om te kuier

Langplaas is die kuierplek waar jy wil wees.

Dit is met hierdie slagspreuk dat dié gewilde kuierplek in Bela-Bela se nuwe bestuurspan hul gaste wil bederf. Langplaas se eienaars wil graag hul gaste laat tuis voel en oorrompel met hul professionele diens en smaaklike etes.

Die atmosfeer is verwelkomend en gesinne kan dadelik ontspan, want kinders is ook welkom.

Carel en Vicky Olivier het die bestuur van dié gewilde eet- en kuierplek oorgeneem by Dawie Kotze, met wie hulle al 20 jaar sake doen.

Die egpaar het van Pretoria na Bela-Bela verhuis waar hulle nou voltyds by Langplaas betrokke sal wees. Hulle het 38 jaar ondervinding in die gasvryheidsbedryf en was die eienaars en bestuurders van verskeie restaurante in Pretoria en omgewing.

Carel en Vicky nooi inwoners om Langplaas-restaurant te besoek en self die watertanddisse op die spyskaart te beleef.

Hulle staan ook gereed om spesiale geleenthede soos klein troues, verjaarsdagpartytjies, verlowings, ooievaarstees en kombuistees aan te bied.

Gaste kan uithalerdisse op die spyskaart verwag. Slegs die beste vleissnitte word gebruik en self in die Langplaas-kombuis rypgemaak om te verseker dat die vleis murgsag en smaaklik is. Hulle rooster die vleis op ’n tradisionele Argentynse houtbraaier wat ekstra geur gee.

Langplaas se befaamde pizzas word ook in ’n houtoond voorberei. Vir die kliënte wat van seekos hou, is daar ’n verskeidenheid om van te kies en keur. Alle disse word volgens bestelling vars voorberei. Die wagtyd is dalk ’n bietjie langer, maar dit verseker dat gaste lekkerder sal smul.

Families is welkom om op die lowergroen grasperk te kuier en swem teen R20 per persoon.

Daar is ’n swembad en speelparkie waar ouers self toesig oor hul kinders hou terwyl hulle onder die koeltebome ontspan.

Langplaas beplan ’n spesiale kuieraand vir die hele gesin op Woensdag 1 Desember wanneer die kunstenaar Nadine daar optree. Die koste beloop R250 per persoon en sluit ’n voortreflike ete in. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Die nuwe bestuurspan het groot planne vir 2022 en wil graag hul bestaande kliënte en nuwe gaste verseker dat hulle voortaan nog lekker sal saamkuier.

Die restaurant is in Flamboyantstraat 53, Bospoort, Bela-Bela.

Hulle is Maandae en Dinsdae gesluit. Van Woensdae tot Saterdae is hulle vanaf 11:00 tot 22:00 oop en op Sondae is die restaurant vanaf 10:00 tot 15:00 oop.

Hulle behartig ook wegneem-etes. Bel vir Carel of Vicky by tel. 082 305 6442 vir navrae of besprekings. Hulle sien daarna uit om gaste te ontvang.

Related Articles

Back to top button