AdvertorialNewsSponsored

Thabazimbi Ford neem die voortou met puik voertuigverkope

Car Magazine, bekende motortydskrif, het onlangs saam met Hannes Grobler, Suid-Afrikaanse-veldrykampioen, tien van die land se beste bakkies op die proef gestel in hul Bakkie-Shoot Out (BSO).

Die Ford Ranger is ook tydens dié lopie getoets wat betref binne- en buite-ontwerp, bykomstighede, taaiheid, vaardighede op die pad en in veldritte, brandstofverbruik en herverkoopwaarde.

Die Ford Ranger het met die louere weggestap as een van die land se bestes.

Thabazimbi Ford het deur die jare, nes die formidabele Ford Ranger, ’n reputasie opgebou as een van die beste motorhandelaars in die omgewing met uitstekende diens, ’n groot verskeidenheid voertuie op die vloer, Ford-produkte en bykomstighede en ’n volle reeks onderdele beskikbaar.

Gerhard Theron, verkoopskonsultant by Thabazimbi Ford, nooi inwoners wat nuwe voertuie moet aanskaf om een van hul verkoopskonsultante by dié handelaar te kontak en een van hul spogbakkies en ander voertuie op ’n toetsrit te neem.

Hulle het alles wat ’n motorliefhebber nodig het.

Skakel gerus tel. (014) 777 1593 vir navrae.

Related Articles

Back to top button