AdvertorialNewsSponsored

Land Cruiser-pret by Sondela

Land Cruiser-eienaars ruk weer die naweek van 12-14 November op na die Sondela-natuurreservaat en spa net buite Bela-Bela vir die gewilde jaarlikse Hankook Land Cruiser-fees.

Hoewel daar nie vanjaar enige rekords opgestel sal word nie weens die Covid-19-veiligheidsmaatreëls, sal daar weer — net soos in die verlede — baie pret en avontuur wees.

Gaste kan uitsien na onder meer buitelewe-uitstallers, ’n 20 km-konvooiroete met heerlike verversings langs die pad, kindervermaak, kroeggeriewe op die terrein, bekende kunstenaars wat optree, helikopterritte, wildsvleispotjiekos-etes, informele bergfietsritte en ’n aandskemer-rit in die natuur.

Daar is ook boskampkamperingsgeriewe teen baie billike pryse beskikbaar. Belangstellendes kan direk deur Sondela bespreek.

Die koste per Land Cruiser-registrasie beloop R300 wat ’n geskenksak by aankoms insluit. Boskampering beloop R775 vir die naweek en sluit die Land Cruiser-registrasie in (maksimum vier persone en daarna R50 per persoon).

Laatregistrasies sal by die hek toegelaat word op Saterdag 13 November en kredietkaartgeriewe sal beskikbaar wees.

Registreer aanlyn by www.ekspo.co.za of stuur ’n e-pos aan Tersia by accounts@ekspo.co.za of bel haar by tel. 072 487 0000 vir meer inligting of om te help met die registrasies.

Streng Covid-19-maatreëls sal toegepas word.

Related Articles

Back to top button