AdvertorialNews

Land Cruisers skud weer vere reg vir fees

Die naweek van 12-14 November ruk Land Cruiser-eienaars weer op na die Sondela-natuurreservaat en spa net buite Bela Bela vir die immergewilde jaarlikse Hankook Land Cruiserfees.

Hoewel daar weens die Covid-19-inperkings nie vanjaar enige rekords op die spel is nie, beloof die organiseerders nog steeds groot pret en plesier.

Gaste kan uitsien na onder meer buitelewe-uitstallers, ’n 20 km-konvooiroete met verversings langs die pad, kindervermaak, kroeggeriewe, gewilde kunstenaars wat optree, helikopterritte, wildsvleispotjiekos, informele bergfiets ritte, “Cruiser Gravel Drag Racing” en wildritte teen sonsaktyd.

Daar is ook boskampering teen baie billike pryse beskikbaar. Belangstellendes kan Sondela direk nader vir enige akkommodasie-behoeftes.

Die koste per Cruiser-registrasie beloop R300 wat ’n geskenksak met aankoms insluit. Boskampering beloop R775 vir die naweek en sluit die Cruiser-registrasie in (maksimum vier mense en daarna R50 per persoon).

Registreer aanlyn by www.ekspo.co.za of kontak vir Tersia by accounts@ekspo.co.za of tel. 072 487 0000 vir meer inligting of om te help met die registrasies.

Streng Covid-19-maatreëls sal gehandhaaf word.

Related Articles

Back to top button