AdvertorialNews

Didimata open deure in Modimolle

Didimata, ’n volwaardige franchise van Old Mutual met ses take landwyd, het in Januarie vanjaar ’n nuwe tak in Modimolle geopen.

Anton Jordaan, mede-eienaar van Didimata, is ’n ervare finansiële adviseur wat sy jarelange ondervinding gebruik om die beste finansiële beplanning en diens aan sy kliënte te lewer.

Jordaan werk reeds 17 jaar by Old Mutual en bestuur die afgelope 11 jaar die onderskeie Didimata-takke.

Didimata val onder Old Mutual se Agency Franchise Division (AFD) en het volmag om Old Mutual-produkte te verkoop.

Volgens Jordaan spesialiseer hulle in kort- en langtermynversekering, beleggings, asook boedels en aftrede-beplanning. Jordaan het oor die jare verskeie toekennings by Old Mutual ontvang en is die afgelope vyf jaar telkens onder die top 20 agente in die Old Mutual Agency Franchise-afdeling in Suid-Afrika.

Hy is ook deel van AFD se beleggingskomitee. Izelle Mostert en Melissa Steenekamp behartig die Modimolle-tak. Mostert is die regte persoon om te skakel in verband met korttermynversekering. Sy is ook ’n korporatiewe konsultant wat sakeondernemings en sakelui se behoeftes verstaan en aanspreek.

Jordaan hanteer alle langtermynbeleggings. Steenekamp is die vriendelike gesig en stem wat kliënte begroet en navrae hanteer.

Jordaan, oorspronklik van Pretoria, het einde 2020 na Modimolle verhuis saam met sy vrou van die afgelope 12 jaar, Trish, en hul twee kinders Anesia (9) en Hanco (7).

Didimata se tak op Vaalwater bestaan reeds die afgelope vyf jaar.

Bel gerus vir Anton Jordaan by tel. (015) 590 7827 of tel. 082 876 9041 of besoek die Modimolle-tak in Kerkstraat 105. Navrae kan per e-pos gestuur word na anton@didimata.co.za(.)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button