AdvertorialNews

Kom kuier saam met Willem Botha

Die bekende sanger en grimeerkunstenaar, Willem Botha, bied op Saterdag 4 Desember ’n meestersklas in grimering in die Waterberg-omgewing aan.

Hierdie spoggeleentheid word by Castle de Wildt net buite Modimolle deur Glamour Express aangebied. Inwoners is welkom om hul vriendinne en geliefdes saam te nooi om hierdie ongelooflike geleentheid, wat ’n dag vol bederf insluit, mee te maak.

Nie net sal Botha by hierdie geleentheid die gehoor bekoor met sy fluweelsangstem nie, maar hy sal ook ’n twee uur lange meestersklas in grimering aanbied.

Sy beeldskone model by dié geleentheid is Nadia Beukes. Botha het sedert die Idols-kompetisie in 2006 diep spore in die vermaaklikheidsbedryf getrap.

Die ewe bekende Nadia Beukes sal by die geleentheid die model wees vir Willem Botha se grimeerkunsklas.

Hy is ’n bekende sanger, televisieaanbieder, akteur en deesdae ’n kreatiewe fotograaf en grimeerkunstenaar.

Hy het met sy spontane verhoogpersoonlikheid harte gesteel van gehore regoor die land en vind by oud en jonk byval.

Botha verklap dat hy ’n perfeksionis is wat met “slegs 200%” tevrede is in alles wat hy aanpak. Hy skuif deesdae gereeld agter die kamera in en neem ons land se grootste sterre vir glanstydskrifte se voorblaaie af.

Hy het kragte gesnoer met die gewilde internasionale grimeringreeks MUD (Make-up Designory van Amerika) en bied meestersklasse in die korrekte aanwending van grimering aan.

Hierdie is die beste geskenk om met dogters, sussies of vriendinne te deel.

Gaste sal op dié dag die fynere kunsies van grimering aanleer terwyl almal gesellig saam sal verkeer en gourmetsoet- en southappies geniet. Koffie en tee sal voorgesit word.

Vir die meer avontuurlustiges sal daar jenewer-mengeldrankies bedien word. Elke gas ontvang ook ’n geskenkpakkie.

Tafels vir agt mense kan by Glamour Express, Minnaarstraat 7, Bela-Bela bespreek word. Kontak hulle gerus by tel. 072 047 0490. Besoek ook die webwerf www.Quicket.co.za om plek te bespreek vir hierdie ongelooflike geleentheid.

Die koste van die kaartjie is R700 per persoon. Daar is egter beperkte VIP-kaartjies beskikbaar teen R850 per persoon vir gaste wat in die goue sirkel wil sit. Spring gou, want daar is net 48 sulke sitplekke beskikbaar.

Die R700- per persoon pakket sluit die volgende in:

  • Jenewer-mengeldrankie by aankoms;
  • Meesterklas en vertoning;
  • Koffie en tee;
  • Gourmet soetverversings;
  • Gebottelde water;
  • Canapé’s (soutsmulhappies) vir middagete;
  • ’n Geskenkbederfpakkie.

Vir die R850 per persoon-pakket kan gaste al die bogenoemde verwag, asook ’n sitplek in die goue sirkel met twee bottels vonkelwyn per tafel.

Moenie huiwer nie; bespreek vandag nog plek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button