AdvertorialNews

Drain Surgeon nou ook in Waterberg

Die welbekende Drain Surgeon-maatskappy het onlangs ’n nuwe tak in Modimolle geopen wat voortaan die Waterberg-omgewing sal bedien.

Dehan Schépers, eienaar van die nuwe tak in Modimolle, het aan Die Pos vertel dat hy baie opgewonde is oor hierdie geleentheid om die Waterberg-omgewing te bedien.

Die Drain Surgeon-maatskappy is in 1979 in Suid-Afrika gestig. Die afgelope 41 jaar het hulle landwyd bekendheid verwerf vir gehalte diens en hulle brei steeds uit met nuwe takke wat aan kliënte gemoedsrus besorg.

Drain Surgeon bied volledige loodgietersdienste, asook die skoonmaak van rioolpype in woongebiede en nywerheidsgebiede. Die maatskappy is ’n leier in die bedryf met die voorste tegnologie asook ’n inbelsentrum wat voltyds beman word. Hulle bied sakegeleenthede regoor die land met operasionele ondersteuningsdienste, asook bemarking- en sakeplanne aan eienaars.

Die hoofdoel is om sake-eienaars te help om hul professionele en persoonlike doelwitte te bereik. Die loodgieterbedryf is baie mededingend en is ’n snelgroeiende industrie.

Dit is hoekom dit voordelig is om in te skakel by Drain Surgeon — ’n betroubare naam in die bedryf.

Met meer as 40 jaar ondervinding is hierdie maatskappy in staat om sake-eienaars toe te rus om ’n suksesvolle sakeonderneming op te bou.

Kontak gerus Drain Surgeon Waterberg-tak se bekwame span om die rioolprobleme of loodgietersbehoeftes by woonhuise of sakepersele op te los.

Bel vir Dehan Schépers by tel. 073 393 4713.

Related Articles

Back to top button