AdvertorialNews

Heerlike eetplek buite Bela-Bela

Bela-Bela het ’n heerlike nuwe eetplek waar gaste in ’n rustige atmosfeer kan eet, kuier en sommer ’n plant of twee vir die huis en tuin kan aanskaf.

The Rustic Pumpkin Coffee Shop, op dieselfde perseel as die Jisreël-kwekery, is ’n hanetree uit die dorp (sowat 2,5 km verby Hoërskool Warmbad se sportveld) op die Thabazimbi-pad.

Die eetplek is van Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00 oop en op Saterdae van 08:00 tot 14:00. Dit is ideaal vir inwoners wat lus is om so ’n bietjie uit te kom of besoekers wat naweke op dié pad ry.

Die spyskaart spog met liplekker ontbyte, varsgebak (probeer gerus die wortelkoek) en ligte middagetes soos roosterbroodjies tot iets vir die hongeriges soos schnitzel.

Die Rustic Pumpkin Special is hulle spesialiteitsgereg en bestaan uit ’n vars bruschetta met roomkaas, geroosterde bief, rooi-uie, olywe en allerhande ander geheime bestanddele.

Volgens Rina Laidlaw, eienaar en bestuurder van The Rustic Pumpkin Coffee Shop, wil sy graag hê gaste moet veilig in ’n rustige atmosfeer by dié plek eet, kuier en tussen die pragtige plante rondloop.

“Die Here se genade is groot. Sonder Hom sou hierdie droom nooit ’n werklikheid geword het nie,” sê dié vrou wat Bela-Bela al langer as 42 jaar “huis” noem.

Hendry van den Heever van Radium het die meeste van die meubels in die restaurant gemaak en alles getuig van besondere vakmanskap en smaak.

Die restaurant is groot genoeg dat daar veilig binne die Covid-19-maatreëls gekuier kan word en daar is genoeg plek vir intieme gesellighede soos verjaarsdae of klein partytjies.

Die restaurant het ook ’n klein verhogie en daar word reeds kliphard beplan aan gesellighede waar kunstenaars sal optree. Verder spog The Rustic Pumpkin ook met ’n sjef wat jare ondervinding in die spysenieringsbedryf het en alles word vars op die perseel gebak.

Met die lente wat voor die deur is, het die kwekery ook pas nuwe voorraad gekry en inwoners en besoekers word genooi om die rustigheid van die kwekery te ervaar.

Maak gerus daar ’n draai en vra vir Hellen om hand te gee by die kwekery-afdeling. Die bekwame sjef, wat kort-kort uit die kombuis loer om te kyk of al die kliënte gelukkig is, se naam is Abel en die vriendelike kelnerin is Karin.

  • Bel vir Rina Laidlaw by tel. 082 6504 202 om reëlings te tref vir spesiale gesellighede.

Related Articles

Back to top button