AdvertorialNews

Pick n Pay maak nasionaal naam

Dit is geen geheim dat Thabazimbi se inwoners bederf is met van die beste kettingwinkels in die provinsie nie.

Of dit nou vir daaglikse kruideniersware, klere of sommer net snuisterye is, dié dorp het geen tekort aan puik winkels met flink diens en gehalte produkte nie.

Pick n Pay Thaba Mall het oor die jare bekend geword vir hul diens, produkte en vriendelike personeel wat sorg dat dit een van die gewildste plekke is om weeklikse kruideniersware aan te skaf.

Dié winkel het vroeër vanjaar met die louere weggestap by die PnP Core Fan Score-kompetisie nadat kliënte gestem het dat die winkel een van die bestes in die land is.

Dié tak is ook einde Julie aangewys as die beste Pick n Pay-tak.

“Ons is baie bly om aan te kondig dat PnP Thaba Mall vanjaar die Franchisee of the Year-toekenning gewen het,” het die span aangekondig.

Hulle is dus nie net die wenner in die noordelike streek nie, maar die beste in die land. Die bestuur wil graag die hardwerkende personeel en getroue kliënte bedank vir hul bydrae tot die winkel se sukses.

“Ons kon nie ’n toekenning soos hierdie wen sonder ons lojale kliënte en ons toegewyde personeel nie,” het die bestuur van dié winkel gesê.

Maak gerus ’n draai by Pick n Pay in die Thaba Mall vir daaglikse inkopies, heerlike kos, vars gebak, gehalte huisware en na- tuurlik ook vir die weeklikse uitgawe van Die Pos-koerant wat daar verkoop word.

Related Articles

Back to top button