AdvertorialNews

Plaasjapies hou makietie in Thabazimbi

Suid-Afrikaners het sedert die uitbreek van die Covid-19-pandemie in Maart 2020 en die daaropvolgende inperkings gewoond geraak daaraan om met Jan-Tuisbly se karretjie te ry.

Vriende en familie het darem sedert die inperkings verslap is, weer die geleentheid gekry om binne die riglyne saam te kuier.

Inwoners van Thabazimbi het op Vrydag 4 Junie die geleentheid gekry om hul pantoffels uit te skop en die kamerjas te verruil vir ’n warm uitrusting en ’n draai te gaan maak by die dorp se nuutste familiekuierplek, Die Plaasjapie.

Die Radio Kalahari-orkes is bekend vir hul kookwatermusiek en -sang. Foto: https://www.radiokalahariorkes.co.za/

In egte Thaba-styl was die openingsaand ’n wegholsukses en die spreekwoordelike kersie op die koek was die vermaak van die aand, wat niemand anders as die Radio Kalahari-orkes was nie.

Dié orkes is een van die land se gewildste alternatiewe musiekgroepe. Die gaste het die vrolike, polsende musiek van die groep baie geniet en sommer gou die sorge en snerpende koue vergeet.

Dié orkes het behoorlik die berg van yster laat weergalm.

Mense wat nog nie vanjaar kans gesien het om hul voete by die deur uit te sit nie, kry maar daardie lapmasker gereed en gaan maak ’n veilige draai by Die Plaasjapie.

Wees gerus dat hulle ten volle toegerus is om te sorg dat hul gaste veilig bly volgens die voorskrifte van die Covid-19-pandemie.

Related Articles

Back to top button