AdvertorialNews

Bejaardes kan Covid-19 entstof by apteke kry

Die Van Heerden Apteek-groep en Medlin Apteek het die behoefte aan toegang tot die Covid-19 entstofsentrums raakgesien en wou graag vir hul bestaande kliëntebasis, asook die gemeenskappe waarin hul takke geleë is, ’n oplossing bied.

Die Van Heerden Apteek-groep en Medlin Apteek het suksesvol deur die registrasie en keuringsproses van die departement van gesondheid gegaan om vanaf Maandag 24 Mei 2021 die Pfizer Covid-19 entstof by al 19 hul apteke in Limpopo, Gauteng en Mpumalanga toe te dien.

Die groep se gesondheidskundiges en vaksineerders het die nodige opleiding ontvang om die entstof te hanteer, toe te dien en die vereiste protokol is in plek, soos voorgeskryf deur die departement van gesondheid.

Die apteke ontvang die entstowwe van die gesondheidsdepartement en werk ook volgens dieselfde registrasieproses en -stelsel, naamlik EVDS.

Mense bo die ouderdom van 60 kan tans vir die entstof registeer op die volgende platforms:

  • vaccine.enroll.health.gov.za — die Nasionale Elektroniese Inentings Data Stelsel (EVDS)
  • WhatsApp lyn — 0600 123456
  • Via SMS — *134*832#
  • Skakel die Covid-19 blitslyn — 0800 029 999
  • QR — kode

Mense wat registreer, sal ’n SMS-boodskap ontvang wat hulle na die korrekte entstofsentrum verwys.

Die SMS sal die datum, tyd, plek en vaksinekode bevat. Bring identiteitsdokument en mediesefonds inligting saam. Mediesefondse betaal die volle kosprys van die Covid-19 entstof waarop die apteke geen wins hef nie. Die toedieningsfooi van die Covid-19-entstof teen R70 word ten volle deur die mediesefondse betaal.

Die entstof word uit die voorkomende-sorgvoordeel van die skemas gedek en beïnvloed nie die lid se dag-tot-dag voordele nie.

Die Van Heerden Apteke en Medlin Apteek onderneem om pasiënte wat nie aan ’n mediese fonds behoort nie, te help, dienverstande dat die betrokke persone vooraf geregistreer is via die EVDS-stelsel (dus ’n geldige SMS wat datum, tyd, plek en vaksinekode bevat met duidelike aanduiding — Van Heerden of Medlin Apteek as sentrum).

Vir enige bystand met die registrasieproses, kontak u naaste Van Heerden Apteek of Medlin Apteek.

Besoek hul webblad www.vanheerden.co.za vir u naaste Van Heerden-tak en kontakbesonderhede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button