AdvertorialNews

Pragtige nuwe joga-studio open sy deure in Modimolle

Inwoners van Modimolle kan eersdaags gaan “rek en strek” by die nuwe Yoga Studio Waterberg wat op Donderdag 1 Julie hul deure in Hospitaalstraat 14 open.

Volgens Karin van Boom, eienaar, is joga geskik vir oud en jonk, fiks en onfiks, want elkeen se jogabewegings pas in by die moontlikhede en beperkinge van sy of haar liggaam.

“Daar word verskillende klasse aangebied vir volwassenes, kinders, ouer mense en swanger vroue. Daar is spesiaal ook vroegoggendklasse vir werkende mense, het sy gesê.

Karin en haar man, ’n Nederlander van oorsprong, het die afgelope 20 jaar in Nederland gewoon en gewerk waar sy haar joga-opleiding ontvang en klasse aangebied het.

Die egpaar het besluit om in Modimolle af te tree om naby hul dogter, Marieke van der Merwe, en haar gesin te wees.

Hulle woon al langer as 20 jaar op ’n plaas buite Modimolle. Daar is tans ’n promosie om in Junie gratis klasse by te woon. Daarna beloop die koste R100 per maand vir een klas per week, R200 per maand vir twee klasse per week en R300 per maand vir drie klasse per week.

Klasse word weens die Covid-19-regulasies beperk tot slegs agt mense per klas.

Belangstellendes kan vir Karin van Boom bel by tel. 078 871 6583 vir meer inligting oor joga, klasse en beskikbare tye. Volg gerus haar Facebook-blad: Yoga Studio Waterberg vir meer inligting.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button