AdvertorialNews

Promosie: Waarom is Die Hoërskool Menlopark absoluut anders?

Die Hoërskool Menlopark bied ’n tuiste aan leerders wat hul vlerke wil sprei.

Hierdie veelsydige skool, wat vir die tweede agtereenvolgende jaar die eerste plek op die nasionale ranglys in die kernvakke — Afrikaans Huistaal, wiskunde, fisiese wetenskap, rekeningkunde en lewenswetenskappe — beklee, is ’n wegspringblok vir leerders met toekomsvisie.

Christiaan Daniels en Lauren Coetser is die Hoërskool Menlopark se hoofleiers vir 2021.

By dié skool word leerders deel van ʼn veilige gesinstruktuur waar hulle die geleentheid kry om aan ’n verskeidenheid aktiwiteite deel te neem.

Die koshuis is vir talle Menloparkers ’n tuiste weg van die huis. Koshuisinwoning maak voorsiening vir seuns en dogters van gr. 8-12 en dit is daar, onder leiding van Menlopark se inwonende koshuispersoneel, waar leerders nuwe horisonne kan verken.

Johnny Lochner en Meag van Eck saam met ander matrikulante tydens ’n geesvanggeleentheid. Die Parkies kook vanjaar.

Menlo is nie net ’n akademiese krag nie. Die goedgebalanseerde skool spog met ’n lang lys prestasies op kultuur- en sportgebied met provinsiale én nasionale sportsterre in al die sportsoorte wat deur die skool aangebied word.

Die matriekraad van die Parkies hou kajuitraad op die skool se pawiljoene.

Daar is vanjaar drie Menloparkers wat aan die Olimpiese-proewe vir swem deelneem, drie oud-Parkies is in die nasionale o. 21-netbalgroep, vyf Menlo-manne is in SA Rugby (SARU) se SA Elite-groep en vyf oud-Parkies het onlangs vir die Proteas op die krieketveld gestap. Dit is dus geen wonder dat Menlopark sinoniem is met deelname en betrokkenheid nie.

In die Engelse-klas word die werk met pret klaar gekry. Op die foto is Vihan Wentzel, voor in die klas, met die korrekte antwoord. En die antwoord op die vraag was natuurlik: Menlo Bo!

Wanneer ’n mens die skool onder die vergrootglas plaas, besef jy gou dat Menlopark weet hoe om kultuur, sport en akademie te balanseer.

Akademiese groei word deur sportdeelname, kultuurbetrokkenheid en leierskapsontwikkeling gekomplementeer sodat leerders die toekoms met selfvertroue kan aanpak, want Menlo is ’n skool met toekomsvisie.

Related Articles

Back to top button