MunicipalNews

Belastingbetalers moeg vir swak dienslewering

Die Euphorbia-belastingbetalersvereniging is op Woensdag 11 November in Laerskool Eugène N. Marais se skoolsaal in Mookgophong gestig.

Die inwoners van Mookgophong wat die vergadering bygewoon en die bywoningsregister onderteken het, word beskou as die amptelike stigterslede wat by magte was om ’n bestuur te verkies.

Jaap Kelder, voorsitter van die nasionale belastingbetalersvereniging, het die gehoor toegespreek oor die wettige regte tot selfbeskikking en die pad na selfbestuur.

Volgens die stigterslede is die doel van die vereniging om aan belastingbetalers en inwoners van die dorp die nodige dienste te voorsien deur goeie, eerlike beplanning en administrasie.

Die vereniging het nie politieke doelstellings nie en is suiwer gerig op die beste belange van belastingbetalers en inwoners van die dorp, lui ’n verklaring wat aan die media gestuur is.

Inwoners van Mookgophong word genooi om aan te sluit en betrokke te raak by die werksaamhede.

Vir navrae kontak vir Johan Brandt, voorsitter, per e-pos by johanbrandt9@gmail.com of stuur ’n Whatsapp aan Charnelle Ras, tesourier, by tel. 064 902 1445 of per e-pos aan charnelleras@gmail.com(.)

Related Articles

Back to top button