AdvertorialNews

PNA trek splinternuwe baadjie aan

PNA Warmbad het op Maandag 2 November 2020 ’n splinternuwe baadjie aangetrek toe hulle na die Bela-Mall verhuis het.

Kliënte kan gerus hul nuwe winkel, reg langs Agri Deli, besoek.

Jaconel Komlosy, bestuurder, het gesê daar is ’n rustige atmosfeer met die fontein voor die winkel. Die nuwe winkel het ook baie meer natuurlike lig en ruimte.

Die sentrum bied boonop volop parkeerplek naby die winkel. John Fourie en sy vrou, Annelize, het 20 jaar gelede in Bela-Bela gevestig.

Annelize en twee vrien- dinne, Una Rossouw en Elsa Botha, het dié winkel sedert Junie 2000 in die Pick n Pay-sentrum in die dorp bedryf. Jaconel het ’n jaar later by hulle aangesluit.

Die huidige personeelkorps is reeds etlike jare by die onderneming en hul kundigheid oor produkte en uitstekende dienslewering is wyd bekend.

Die winkel is deesdae dié plek om kunsbenodigdhede te koop. Hulle beoog om gou weer met hul gewilde kunsklasse te begin.

Die jaarlikse Terug Skool Toe-pakkette is reeds 17 jaar die wenresep vir ouers met laerskoolleerders.

PNA kry gehalteprodukte teen bekostigbare pryse omdat hulle in grootmaat koop en stel op dié manier bekostigbare pakkette vir altesame 10 skole in die omgewing se verskillende grade saam. Daar word ook vir behoeftige leerders voorsiening gemaak danksy donateurs.

PNA is by verskeie skole se fondsinsamelingsprojekte betrokke. Volgens John voed hulle ook boekwurms se leeslus met ’n groot verskeidenheid leesstof op die rakke en doen hulle moeite om vir kliënte boeke te bestel wat nie in voorraad is nie.

Volgens die PNA-personeel is hulle baie dankbaar vir hul getroue kliënte se lojale ondersteuning en voorbidding tydens die Covid-19-grendeltydperk toe hulle, soos ander sakeondernemings landwyd, hul deure moes sluit. Dit is ook hierdie inwoners en kliënte wat spontaan hul voertuie aangebied het om te help met die groot trek na die nuwe winkel. Dit is sulke vriendskapsgebare wat die verskil maak en wat die personeel laat uitsien om elke oggend die deure oop te maak en die gemeenskap tot diens te wees.

PNA het ook ’n gratis afleweringsdiens binne ’n radius van 10 km vanaf die winkel. Geen items word te klein geag om af te lewer nie.

Hulle nuwe adres is: Winkel 29 in die Bela Mall (tussen Agri Deli en Ocean Basket). Die telefoonnommer bly (014) 736 4592. Sakeure is van Maandae tot Vrydae vanaf 9:00 tot 18:00, op Saterdae vanaf 9:00 tot 17:00 en op Sondae vanaf 09:00 tot 15:00. PNA is op vakansiedae oop vanaf 09:00 tot 13:00.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button