AdvertorialNews

Dis lekker op die hoek!

Daar was die afgelope week groot feestelikheid “oppie hoek” toe twee nuwe sakeondernemings hul deure in die Procor-gebou op die hoek van Minnaarstraat en Pretoriaweg in Bela-Bela amptelik oopgegooi het.

Glamour Express en dee’s Café het hul kliënte, familie en vriende genooi na ’n regte outydse straatpartytjie waar daar tot laataand gekuier is.

Die span van Glamour Express is reg om kliënte te pamperlang en mooi te maak. Voor is Keina Swart (gebou-eienaar) en Eulenda Ndondo en Rosina Laka van Glamour Express. Agter is Elri Arlow (Glamour Express), Bea Emslie (gebou-eienaar), Theresa Harrison (eienaar van Glamour Express) en nog drie lede van haar span Nadine Brits, Lizzy Serabana en Vinolia Sehlabi.

 

Die Beukes-gesin Déandri (tweede van links), Deon en Martie (heel regs) is die eienaars van die pragtige nuwe dee’s Café. Saam met hulle op die foto is die gebou-eienaars, Keina Swart (heel links) en Bea Emslie (tweede van regs).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button